Golf Tour - Bloukaas week-end
HOU DA DIE BLOUKAAS IS NOU DA!!
So lui die kreet nog vars in my gedagtes na die naweek se affêre.
Eerstens wil ek net weereens baie dankie sê vir Anthony se reelings en geduld met ons. Ek dink darrem ons gedrag was "on par", behalwe vir Tiaan se walglike kleredrag en die leeus se vertoning.
Verder wil ek ook dankie sê aan elkeen se deelname, bydraes en commitment wat weer die bloukaas gees herleef het en vir 'n epic naweek gesorg het. Nou is die benchmark gestel vir die volgende toere. Ek dink manne soos Theo drup al klaar vir die volgende geleentheid, ek kan so bietjie wag, my stem is nog bietjie jees vir een of ander rede. Brink & Hein, dis 'n voorreg om julle te ontmoet, welkom by bloukaas, hoop om julle sommer gou weer te sien.
HOU DIE BLOU KANT BO!